Biegbrief en ander verhale

Biegbrief en ander verhale

by Esta Steyn
Biegbrief en ander verhale

Biegbrief en ander verhale

by Esta Steyn

eBook

$11.49  $13.82 Save 17% Current price is $11.49, Original price is $13.82. You Save 17%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Nee, ant Millie, het Annalise gedink, ek gaan nie net my hare verander nie. Ek sal sommer vir ’n totale makeover gaan. Ek is nou moeg en siek en sat daarvoor om ’n ou lieslap te wees. Ek wil ook ’n slag soos ’n million dollar babe voel! En Petrus sal betaal. Hy sal elke sent betaal. En het Petrus betaal? Moenie eens vra nie! Vra eerder: Het Annalise se plan gewerk? En nie net hare nie, want wat van ant Liefie se gespook – ja, letterlik – om haar kamer in Huis Viljoenshof te behou? En Aletta se plan om ná hoeveel jaar weer ’n roering in haar man se . . . uhm . . . hart te bewerkstellig? Dit is dus stories oor vroue en hul planne. Of soos Esta Steyn sê: oor vroue wat ’n bietjie kan lieg, ’n bietjie kan bedrieg en ’n bietjie kan bieg. Oor die oorsprong van die verhale sê sy: “Die merkwaardige vrou wat al my vorige, vars manuskripte opgeraap en gelees het voordat dit my werf verlaat het, was my suster. Toe verlaat sy my ná ’n siekbed. Maar in haar absentia het sy my nie ’n oomblik alleen gelos nie. Met groot gejuig het sy hierdie keer nie die stories kom lees nie, nee, hulle sommer self hier aangebring. En my kom vertel van dié vroue. Was sy hier? wonder ek. Sy wás, weet ek. Anders was daar nou niks om oor te bieg nie … nog minder ’n bundel.” En die resultaat? Verhale só lewenseg, soos ’n Italiaanse rok teen halfprys . . . nee, soos verbrande viskoekies en mash!

Product Details

ISBN-13: 9780624068464
Publisher: Tafelberg
Publication date: 07/07/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 1 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Esta Steyn is op 23 Julie 1945 op Struisbaai gebore. In 1963 matrikuleer sy aan die Hoër Meisieskool op Worcester. Na skool gaan werk sy in haar pa se meubelfabriek en saagmeule as boekhoudster. Op negentien jaar word haar eerste kortverhaal gepubliseer. Vele kortverhale en sketse vir Sarie en Huisgenoot volg. In 1969 trou sy met ’n apteker, Le Roux Steyn, en verhuis na Saldanha, waar die Steyn-gesin steeds woon. In 1979 is Esta se eerste boek, Plek van die boskolos, deur Human&Rousseau gepubliseer. Dit is egter met Kinders van die Sabbatsee wat sy bekendheid verwerf. Dit was die wenner van Sarie/ATKV se vervolgverhaalwedstryd in 1984. Van haar ander bekende boeke is Kus vir die kluisenaars (1981) en Somer van die silwer-skuim (1981). Esta het in die 1990’s ’n draaiboek vir die TV-reeks Meeulanders geskryf. Dit is in 1996 uitgesaai en Esta het dit tot ’n roman verwerk. Sy is later weer gevra om ’n TV-reeks te skryf, en Soutmansland is in 2000 uitgesaai.

Read an Excerpt

Nee, ant Millie, het Annalise gedink, ek gaan nie net my hare verander nie. Ek sal sommer vir ’n totale makeover gaan. Ek is nou moeg en siek en sat daarvoor om ’n ou lieslap te wees. Ek wil ook ’n slag soos ’n million dollar babe voel! En Petrus sal betaal. Hy sal elke sent betaal.

En het Petrus betaal? Moenie eens vra nie! Vra eerder: Het Annalise se plan gewerk? En nie net hare nie, want wat van ant Liefie se gespook – ja, letterlik – om haar kamer in Huis Viljoenshof te behou? En Aletta se plan om ná hoeveel jaar weer ’n roering in haar man se . . . uhm . . . hart te bewerkstellig?

Dit is dus stories oor vroue en hul planne. Of soos Esta Steyn sê: oor vroue wat ’n bietjie kan lieg, ’n bietjie kan bedrieg en ’n bietjie kan bieg. Oor die oorsprong van die verhale sê sy: “Die merkwaardige vrou wat al my vorige, vars manuskripte opgeraap en gelees het voordat dit my werf verlaat het, was my suster. Toe verlaat sy my ná ’n siekbed. Maar in haar absentia het sy my nie ’n oomblik alleen gelos nie. Met groot gejuig het sy hierdie keer nie die stories kom lees nie, nee, hulle sommer self hier aangebring. En my kom vertel van dié vroue. Was sy hier? wonder ek. Sy wás, weet ek. Anders was daar nou niks om oor te bieg nie … nog minder ’n bundel.”

En die resultaat? Verhale só lewenseg, soos ’n Italiaanse rok teen halfprys . . . nee, soos verbrande viskoekies en mash!

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews