As Klaas Vakie se Sand nie Werk nie

As Klaas Vakie se Sand nie Werk nie

As Klaas Vakie se Sand nie Werk nie

As Klaas Vakie se Sand nie Werk nie

eBook

$2.49  $3.00 Save 17% Current price is $2.49, Original price is $3. You Save 17%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Klaas Vakie is die koddige mannetjie wat elke aand slaapsand in al die kinders se ogies strooi sodat hulle aan die slaap kan raak. Mevrou Muis se muiskinders is geen uitsondering nie. Maar toe sy vir Klaas Vakie weer ’n keer moet ontbied om die kinders aan die slaap te maak, begin sy wonder of daar nie miskien fout is met die slaapsand nie. Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as Klaas Vakie se sand nie werk nie? Kom lees saam oor die raaisel van die muiskinders wat nie aan die slaap kan bly nie en die plan wat Klaas Vakie maak om die dag – of altans die nag – te red.

Product Details

ISBN-13: 9781432310141
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 03/01/2019
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 32
File size: 7 MB
Age Range: 3 - 6 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Elana Alberts is ’n metallurgiese ingenieur en het haar graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Haar twee jong kinders is mal oor die slaaptydstories wat sy optower en haar ryk verbeelding skets interessante wêrelde waarin hulle kan droom. As Klaas Vakie se sand nie werk nie is haar eerste gepubliseerde boek.
Minette Wasserman is 'n illustreerder met 'n passie vir kindermedia en hou by met die nuutste boeke, spotprente en animasiefilms. Sy het haar graad in visuele kommunikasie aan die Open Window-skool behaal en sy skep beelddraaiboeke vir TV-advertensies. Nadat sy animasie in die reklamebedryf gedoen het, het sy besluit om haar passie vir illustrasie voltyds in Johannesburg te beoefen.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews