Amraal

Amraal

by Marinda van Zyl
Amraal

Amraal

by Marinda van Zyl

eBook

$11.49  $13.82 Save 17% Current price is $11.49, Original price is $13.82. You Save 17%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Amraal is in 1774 op die plaas Holkrans in die Olifantsriviervallei gebore. Kleintyd is hy en die boerkinders maats. Later bedrieg en beledig hulle hom. Sy werkgewer mishandel, misbruik hom. As lied van Corps Vrije Hottentotten onsnap hy aan die inboekstelsel. Nà die Britse inval by Blaauwberg, dros hy. Met sy vrou en babaseuntjie en enkele ander familielede trek hy noord, na die Gariep. Daar jag hy olifante en word hy mettertyd as regverdige, vredeliewende leier bekend. Onder Amraal se kapteinskap trek mede-Oorlams, Namakwas en Damaras saam. Hy steun die magtige Rooivolk, bemiddel tussen twistende volksgroepe en buig telkens voor beterweterige sendelinge die knie. Altyd besorg oor sy naaste, bewaar kaptein Amraal die vrede tuis. Sy verhouding met sy eerste vrou, Hanna, ʼn dogter van die befaamde Afrikaner-clan, verdiep gaandeweg. By sy sterfbed, in 1864, waak die onverskrokke, trotse Baster Trien. Maar op negentig is dit steeds Klara, sy eerste liefde, wat hom agtervolg. Amraal is ʼn epiese historiese roman. Die lewe van kaptein Amraal Lambert bied ʼn kykie in die vroeë Kaapse koloniale tyd, in die volstrek van die Khoi-Khoin en in die ongenaakbaarheid, in die 19de eeu, van die wêreld wat ons vandag as Namibië ken.

Product Details

ISBN-13: 9780624075622
Publisher: Tafelberg
Publication date: 03/06/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 384
File size: 5 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Marinda van Zyl is op 11 September 1948 te Gobabis (Namibië) gebore. In 2011 was sy die naaswenner in Lapa se romanwedstryd met haar manuskrip Vrypas na Vergenoeg wat as Wilhelmina Radebe kom tuis gepubliseer is. In 2015 haal haar manuskrip Amraal die kortlys van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews