40 dae tot hoop: 'n Reis deur Lydenstyd

40 dae tot hoop: 'n Reis deur Lydenstyd

by Ronell Bezuidenhout
40 dae tot hoop: 'n Reis deur Lydenstyd

40 dae tot hoop: 'n Reis deur Lydenstyd

by Ronell Bezuidenhout

eBook

$9.99  $11.51 Save 13% Current price is $9.99, Original price is $11.51. You Save 13%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Vastyd is ’n pelgrimsreis van 40 dae wat altyd op ’n Woensdag begin (Aswoensdag) en op ’n Saterdag (Donkersaterdag/Stil Saterdag) eindig. Hierdie boek fokus op ’n metaforiese pelgrimsreis wat by “ashoop” begin en 40 dae later by “hoop” eindig en vra die volgende vrae: Hoe skud ’n mens jou “valse self” af? Hoe laat jy emosionele bagasie agter? Hoe leef ’n mens met hoop in ’n wêreld wat al minder hoopvol lyk? Hoe word jy ’n vrygewiger mens? Hoe daag jy ’n verbruikerskultuur uit? Is dit moontlik om ’n vry, hoopvolle en gelukkige mens te wees? Drie spesifieke geloofsgewoontes was deur die eeue heen verbind met hierdie tyd: vas, gebed en die gee van aalmoese. Die boek vertaal die drie gewoontes as moderne “reisgenote” op die hartsreis tussen Ashoop en Hoop. Hierdie is ’n boek wat jou help om ’n deurdagte pelgrim te wees, wetend waar jy vandaan kom en waarheen jy op pad is.

Product Details

ISBN-13: 9780796320438
Publisher: Lux Verbi
Publication date: 02/01/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 288
File size: 636 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Ronell Bezuidenhout is die afgelope twaalf jaar ’n predikant by die Fontainebleau Gemeenskapskerk (FGK) in Randburg. Na afloop van haar studiejare was sy in die vroeë 1990’s ’n studenteleraar by die destydse UPE. Later het sy aan dieselfde universiteit klas gegee, en sy was ’n tentmaker-leraar daar terwyl sy haar PhD in Publieke Teologie voltooi het. Haar ervaring as pastorale terapeut was die rede vir haar verhuising na Johannesburg, om daar ’n Sentrum van Deernis by die FGK te begin. Later het haar fokus verander, en sy is tans verantwoordelik vir toerusting en geloofsvorming in die gemeente. Sy het al verskeie publikasies die lig laat sien, en sy het tot vele ander ’n bydrae gelewer. Ronell het die afgelope klompie jare ’n intense belangstelling in geloofs- en persoonlikheidsvorming ontwikkel. Sy bied landwyd retraites aan wat veral op die inoefening van geloofs- en lewensgewoontes fokus. Hiermee help sy besige stadsmense om nuut oor hul lewe na te dink. Ronell bly ’n ewige student. Sy ontdek steeds die mense rondom haar, en probeer ook om die subteks te lees. Wanneer sy ontspan, skilder sy ikone.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews