1 Recce: Die nag behoort aan ons

1 Recce: Die nag behoort aan ons

by Alexander Strachan
1 Recce: Die nag behoort aan ons

1 Recce: Die nag behoort aan ons

by Alexander Strachan

eBook

$11.49  $15.20 Save 24% Current price is $11.49, Original price is $15.2. You Save 24%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

1 Recce. Een van die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenhede in die Suid-Afrikaanse Weermag. Dié manne - superfiks en bomenslik taai - het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewe op die spel geplaas in geheime operasies, wat meestal in die nag, ver agter vyandelike linies uitgevoer is. Dekades lank is oor dié geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recces se legendariese bevelvoerders besonderhede oor verskeie polities sensitiewe operasies. Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self ’n gewese Recce, vertel die volle verhaal van 1 Recce se ontstaan, geskiedenis en rol in die Bosoorlog. Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek ’n binneblik op die Recces en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.

Product Details

ISBN-13: 9780624081500
Publisher: Tafelberg
Publication date: 10/17/2018
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 384
File size: 5 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Dr. Alexander Strachan is 'n bekroonde romanskrywer van Harrismith in die Oos-Vrystaat. Ná sy studie in tale aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat verwerf hy sy doktorsgraad in Zoeloe aan die Universiteit van Pretoria en word 'n vol professor in Afrikatale. Strachan se debuutbundel kortverhale, 'n Wêreld sonder grense (1984), is met die Eugène Maraisprys bekroon. Saam met die werk van ander skrywers, onder wie JC Steyn, Etienne van Heerden en Koos Prinsloo, het 'n Wêreld sonder grense grensliteratuur as genre gevestig. Strachan skryf daarna onder meer die romans Die jakkalsjagter (1990), wat met die eerste prys in DeKat en Antenne se Groot Romanwedstryd bekroon word, en Die werfbobbejaan (1994), waarvoor hy die WA Hofmeyr-prys ontvang. Met sy roman Dwaalpoort (2010) wen hy weer die WA Hofmeyr-prys vir letterkunde. Sy mees onlangse roman, Brandwaterkom (2015), wat oor die Anglo-Boereoorlog handel, is met die kykNET-Rapport-boekprys bekroon. Oorlog en spesifiek die Grensoorlog vorm 'n sentrale tema in sy oeuvre. Met hierdie boek, sy eerste niefiksiewerk, keer hy terug na die Bosoorlog en fokus hy spesifiek op 1 Recce se geskiedenis en rol tydens dié oorlog. Strachan was self 'n Recce.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews