Grensgeval

Grensgeval

by Marita van der Vyver
Grensgeval

Grensgeval

by Marita van der Vyver

eBook

$10.49  $13.50 Save 22% Current price is $10.49, Original price is $13.5. You Save 22%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Die brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood ontdek, skeur haar lewe oop. Jare lank het sy haar rug op Theo gedraai, ’n man wat sy laaste twee dekades in ’n inrigting moes deurbring. Só ook het sy die land se verlede weggestoot, die tyd toe tienerseuns gestuur is om aan die grens te veg – ’n plek en ’n oorlog waarvan mense tuis bitter min geweet het. Vir Theresa self was dit ’n tydperk van eerste liefdes, disko’s en vakansies by die see. Theresa besef gou die brief is deur ’n Kubaanse soldaat aan sy kind geskryf – iemand wat, indien hy of sy nog leef, nou minstens veertig jaar oud sal wees. Theresa weet in haar siel sy moet Kuba toe: om die soldaat se kind te soek, om die brief te besorg, om boete te doen vir Theo se dade en vir haar eie onkunde. In swoel, afgeleefde Kuba, tussen kleurryke motors uit die vyftigerjare en geurige sigaarrook, word Theresa se soektog intiem vervleg met die lewens van mense wat in Angola as “die vyand” gebrandmerk is. Só ontrafel sy wat dit beteken het om groot te word in die Suid-Afrika van daardie tyd.

Product Details

ISBN-13: 9781485903932
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 11/01/2019
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 296
File size: 1 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Marita van der Vyver is die skrywer van meer as ’n dosyn romans, asook bundels kortverhale en essays, prenteboeke vir kleuters, fiksie vir jong volwassenes, radiodramas, draaiboeke en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Sy het al literêre pryse in vele genres gewen en haar boeke is beskikbaar in Engels, Hollands en Duits ná die sukses van haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf ’n sprokie, ’n sensasie wat in minstens twaalf tale gepubliseer is. Twee van haar romans, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en Dis koue kos, skat, is reeds verfilm, en verskeie ander is vir die verhoog verwerk. Sy woon in Frankryk saam met haar man.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews