Geen engel nie

Geen engel nie

by André Krüger
Geen engel nie

Geen engel nie

by André Krüger

eBook

$12.49  $16.50 Save 24% Current price is $12.49, Original price is $16.5. You Save 24%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Nuwe plek, nuwe skool, nuwe mense. Ek het my eenkant gehou, net in die middae pinball gespeel by die Griek se kafee op die hoek. Pinball was my ding. My nuwe klasmaats het gesien hoe ek speel. “Kyk hoe jive die cat daar agter die pinball,” lag die een. “Ek scheme dié Randfontein cat is nie te bad nie.” Omdat ek ’n soort van pinball wizard was, het hulle my nie so geboelie soos vir my kleinboet Johnny nie. Ná ’n lewe in die skadus neem ’n man stelling in, rewolwer in die hand, om sy allerlaaste misdaad te pleeg. Terwyl hy in ’n donker sitkamer wag, loop sy herinneringe wye draaie: na harde grootwordjare in Randfontein en Germiston se strate, waar selfs jou eie familie jou kon bloedmond slaan. Hy onthou die Suid-Afrika waarin hy opgegroei het: die Castle Lager en Lucky Strikes agter skoolpawiljoene, die seuns met aanvalsgewere op die grens. Vir ’n hierjy soos hy was sy pad reeds vroeg uitgemeet: hoëtroustelle steel, baie Klipdrift, verbeteringskool, daarná die army. En toe sluk Sunnyside se nagklubs en onderwêreld hom in. In André Krüger se aangrypende roman oor familie, verraad en wraak – geskryf in die taal van die straat en die tyd – voer een man ’n uiterste stryd teen sy lotsbestemming.

Product Details

ISBN-13: 9781485904311
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 02/01/2020
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 288
File size: 1 MB
Language: Afrikaans

About the Author

André Krüger is die skrywer van Die twee lewens van Dieter Ondracek (wenner van die Universiteit van Johannesburg-debuutprys), Komplot en ’n Redelike hoeveelheid moeilikheid. Hy is gebore in Johannesburg waar hy in die regte en filosofie studeer. Ná jare verlaat hy sy beroep as prokureur om hom ten volle by die boekbedryf te skaar. Hy woon en werk tans in Stellenbosch.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews