Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)

by Marita van der Vyver
Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)

by Marita van der Vyver

eBook

$10.49  $11.88 Save 12% Current price is $10.49, Original price is $11.88. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ’n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én ’n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op “wittebrood” moet gaan – om mekaar beter te leer ken. Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat ’n leesgids met • inligting oor die skrywer • ’n inleiding tot die roman • literêre begrippe • hoofstukopsommings en woordelyste • vrae en antwoorde • assesseringsriglyne

Product Details

ISBN-13: 9780624067290
Publisher: Tafelberg
Publication date: 01/01/2008
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 278
File size: 398 KB
Age Range: 16 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Marita van der Vyver is die skrywer van ’n verskeidenheid boeke vir volwassenes en kinders. Sy is in Kaapstad gebore, was op laerskool in Bellville en op hoërskool in Menlopark en Nelspruit. In haar matriekjaar, die Afrikaanse Eeufeesjaar in 1975, wen sy ’n landwye digkunswedstryd vir hoërskoolleerlinge. Die prys is ’n studiebeurs vir vier jaar aan die universiteit van haar keuse. Sy gaan na Stellenbosch, waar sy in 1978 ’n B.A. En in 1979 ’n honneursgraad (cum laude) in joernalistiek verwerf. ’n Paar jaar later, as deeltydse student, behaal sy ’n meestersgraad in joernalistiek met ’n tesis oor die vrou in die Afrikaanse pers. Sy werk as joernalis by Die Burger en Sarie totdat sy in 1987 die vryskutlewe aanpak. Sy debuteer in 1982 met die kinderboek Van jou jas, maar dis haar eerste boek vir volwassenes, die opspraakwekkende Griet skryf ’n sprokie in 1992, wat ’n blitsverkoper is en vele herdrukke beleef. Die roman is met die M-Net-prys, ATKV-prys en die Eugène Marais-prys bekroon. Vir haar kinder- en jeugboeke word sy onder meer met die Tienie Holloway-medalje, die MER-prys en die Sanlam-prys vir jeuglektuur bekroon. Sedert 1999 woon Marita saam met haar Franse man, Alain, en vier kinders op die Franse platteland.

Read an Excerpt

Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op wittebrood moet gaan om mekaar beter te leer ken.

Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat n leesgids met

inligting oor die skrywer

n inleiding tot die roman

literêre begrippe

hoofstukopsommings en woordelyste

vrae en antwoorde

assesseringsriglyne

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews