eBook

$10.99  $14.51 Save 24% Current price is $10.99, Original price is $14.51. You Save 24%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Naspers is een van 'n handjievol maatskappye uit Afrika wat binne een eeu gegroei het tot 'n globale mededinger met rekordaandelepryse - en dit boonop op die gebied van tegnologie. Dié versameling essays, geskryf deur groot geeste in die Suid-Afrikaanse mediawêreld, gaan oor die boustene van die grootste mediamaatskappy op die kontinent. Dit is 'n onderneming wat tendense vroeg identifiseer, dit aanpas vir die markte waarin hy bedrywig is en dit benut tot groot voordeel van die maatskappy, sy aandeelhouers en sy werknemers.

Product Details

ISBN-13: 9780624069843
Publisher: Tafelberg
Publication date: 06/15/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 306
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Lizette Rabe het as tipiese "praktisyn-as-professor" haar joernalistieke loopbaan verruil vir een in die akademie. Ná twintig jaar in die joernalistiek is sy in 2001 aangestel as professor en departementshoof van Stellenbosch Universiteit se nagraadse Departement Joernalistiek. Sy het haar doktorsgraad in 1994 verwerf. Sy is outeur, medeouteur of samesteller van verskeie boeke, onder meer "Rykie: 'n lewe met woorde" (Tafelberg, 2011). Haar navorsingsbelangstellings is veral die mediageskiedenis en kultuurgeskiedenis. Sy was raadslid van SANEF en het opgetree as sameroeper en lid van verskeie joernalistieke beoordelaarspanele, onder meer vir Media24 en Vodacom. Rabe is 'n stigterslid van die Salzburg Global Seminar Academy, ontvanger van die Rektor se toekenning vir uitmuntende onderrig, en is in 2013 aangewys as een van die US se top 25 navorsers oor alle fakulteite.
Ton (Theunissen) Vosloo, gebore Oos-Kapenaar, het op Uitenhage grootgeword en daar gematrikuleer. Hy het sy loopbaan by Oosterlig begin en was in 1970-1971 'n Nieman-genoot by Harvard. Hy was 'n joernalis van 1956 tot 1983, waarvan redakteur van Beeld van 1977 tot 1983, toe hy as besturende direkteur van Naspers aangewys is en David de Villiers in 1984 opgevolg het. Hy was uitvoerende voorsitter van Naspers van 1992 tot 1997. Van 1997 tot Maart 2015 was hy nie-uitvoerende voorsitter van Naspers nadat hy in 1997 op ouderdom 60 uitgetree het as uitvoerende voorsitter. Hy was voorsitter van 'n aantal groepfiliale, soos Media24, die MIH-betaaltelevisiegroep en Naspers se boekuitgewerye. Hy was ook 'n nie-uitvoerende voorsitter van Sanlam, 'n trustee van die Wêreldnatuurfonds (WWF SA) en voorsitter van die Kaapse Filharmonie. Hy is ook 'n oudvoorsitter van die Drukmediavereniging van Suid-Afrika en was 'n lid van die Wêreldvereniging van Koerante. In 1989 het hy die Protea-prys as Suid-Afrika se Bemarker van die Jaar gewen. Hy is die ontvanger van drie eredoktorsgrade. Die Finse regering het aan hom dié land se hoogste burgerlike orde, die Orde van die Wit Roos, toegeken vir sy bydrae tot handel en inisiatiewe vir die bevordering van Afrikaans.
Esmaré Weideman het 'n Bcom en B (Hons) Joernalistiek (albei cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Sy het meer as 25 jaar se ervaring as joernalis, politieke skrywer, nuusredakteur en redakteur by van die land se mees gesaghebbende publikasies. Sy was die hoofredakteur van Media24 se vlagskip weeklikse tydskrifte, Huisgenoot, YOU en DRUM, voor sy in 2011 as Media24 se uitvoerende hoof aangestel is. Sy is 'n direkteur van Media24 en Novus Holdings (voorheen Paarl Media Groep).
Hermann Giliomee het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en was ook tussen 1967 en 1982 lektor in geskiedenis aan sy alma mater. Tussen 1982 en 1998 was hy professor in politieke studies aan die Universiteit van Kaapstad. Deur die bemiddeling van Ton Vosloo is hy in staat gestel om sy "The Afrikaners: Biography of a People" in 2002 te voltooi. Tafelberg-Uitgewers het die Engelse weergawe in 2003 gepubliseer en Giliomee se Afrikaanse verwerking van die boek in 2004. Verdere boeke van hom wat by dieselfde uitgewer verskyn het, was "Nog altyd hier gewees: Die storie van 'n Stellenbosse gemeenskap" (2007) en "Die laaste Afrikanerleiers: 'n Opperste toets van mag" (2012). Giliomee was saam met Bernard Mbenga redakteur van "New History of South Afrika" en "Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika" wat albei in 2007 gepubliseer is.
Ferial Haffajee is the Editor-in-Chief of City Press since 2009. Before that she was editor of the Mail&Guardian from 2004 to 2009. For both newspapers, she was the first woman editor. She is a former chairperson of the South African National Editors' Forum and board member of the International Women's Media Foundation, the World Editors' Forum, the International Press Institute and the Inter Press Service. As board member of GenderLinks she looks after the representation of women in the media. She is also a board member of the Kgolo Trust which enables funding and support of grassroots media. After graduating from Wits in 1989 with a BA, Haffajee worked at the Centre for Applied Legal Studies at Wits. She began her journalism career as cub reporter in 1991 at the Weekly Mail (later the Mail&Guardian). Haffajee has also worked at the SABC as a radio producer and television reporter and at the Financial Mail, where she was a senior editor responsible for political coverage, as well as managing editor. She has been invited as speaker to many conferences, locally and internationally, and is the recipient of numerous awards, among others the Top Woman in Media award from MTN and The Media Magazine in 2006. Haffajee is the Committee for the Protection of Journalists international Press Freedom Laureate for 2014 and is a moderator of the Aspen Global Leadership Network and Africa Leadership Initiative. She has been the Sikuvile and National Press Club Editor of the Year for 2012 and 2010.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews